Polisie lê beslag op amper 5-miljoen-Rand se dagga

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga het beslag gelê op dagga ter waarde van R4,7 miljoen op die N12 in Delmas. Hulle het inligting van misdaad-intelligensie en die Trilaterale Beplanningsel (TPC) bekom en op 'n vragmotor met die besending dagga toegeslaan. Die vragmotor was van Eswatini na Johannesburg onderweg. Die gewig van die dagga is aangeteken as 1-duisen-180-kilogram. Volgens die polisiewoordvoerder, Kolonel Donald Mdhluli, is ’n 30-jarige man van die Koninkryk Eswatini in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.
11 Oct 2024 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min