Rondawels brand af in die Krugerwildtuin

Loading player...
SANParke het besoekers aan die Krugerwildtuin aangeraai om versigtig te wees met braaivleisvure in winderige toestande. Dit volg na verskeie rondawels gisteraand afgebrand het. In Olifants-kamp het drie eenhede in ligte laaie opgegaan. In Satara-ruskamp het 'n braaivuur 'n wooneenheid aan die brand laat slaan. Daar was in die geval minimale skade aan die struktuur en inwoners se besittings. Die woordvoerder van die Krugerwildtuin, Ike Phaahla, sê se geen beserings is aangemeld.
15 Oct 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min