Mevrou kry die appel onder die stamboom

Loading player...
Mevrou is besig om te soek na die appel in die lang gras onder die ou familie boom. Daar is niks lekkerder as om te gaan kyk hoe die voorgeslagte gelyk het nie – daai ou swart-en-wit fotos wat jou meer leer oor waar jy vandaan kom. Maar daarmee saam vloed die herinneringe terug en voor hulle dit kon keer, ook die trane. Die nostalgie laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk sommer huil en lag op dieselfde tyd …….
28 Oct 2024 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou se siekwees sages

Mevrou is nou siek en sat vir siekwees! Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die twee wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook plat getrek het. Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes…
20 Oct 19 min

Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster

Mevrou het haar voet neergesit en finaal besluit om die stryd teen die strykyster aan te pak – maar sy dink sy het verloor. Gerda de Sousa se oorlog het begin toe sy begin navorsing doen het oor hoe om die onderkant van haar stryk yster skoon te maak. Dianne…
13 Oct 21 min

Mevrou pluk plesier uit plastiek plante

Die lente is hier en Mevrou meen daar is geen meer verskoning vir ’n huis sonder groen plante nie, selfs as van dié plastiek is. Die Mevrouens bieg dat hulle nou kunsmatige plante in potte het regoor die huis. Ja, dit voel nie reg nie, maar wat moet mens doen…
6 Oct 24 min

Mevrou se wenke vir die wenners

Die seisoen vir toekennings aande en werks funksies het aangebreek en die Mevrouens voel hulle het nou genoeg praktiese wenke in hulle handsakke vir dié somtyds baie lang aangeleenthede. Watter skoene en hoe om te verseker jy is eerste in die ry vir die buffet is maar van die kosbare…
29 Sep 25 min

Mevrou sien rooi soos 'n ge-ignoreerde stop lig

Die Mevrouens is ontstoke omdat dit vir hulle voel of iemand die padreëls verander het, en hulle nooit ingelig het nie. Dis asof daai verkeers regulasies waaroor hulle dekades terug moes toets skryf om ’n lisensie te kon kry, net nie meer geld nie. Flikker ligte word nie meer gebruik…
23 Sep 22 min