Ondersoek gelas na sterfte van tweejarige in Bosbokrand

Loading player...
Die polisie in Mpumalanga vra vir kalmte terwyl hulle die omstandighede ondersoek waaronder 'n tweejarige seuntjie gister in Violetbank naby Bosbokrand dood is. Volgens die polisie het hulle gereageer op 'n noodoproep oor sibbe van onderskeidelik 2, 3, 4 en 5 jaar oud wat maagpyn ervaar het. Die jongste kind is met hul aankoms op die toneel deur paramedici dood verklaar. Die ander is hospitaal toe geneem vir behandeling. Twee is intussen weer ontslaan. Die polisie werk saam met gesondheidsorgkenners en ander rolspelers om beweringe te ondersoek oor kos wat die kinders vooraf sou geëet het.
31 Oct 2024 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min