Borg geweier vir Sabie-pastoor wat van verkragting aangekla word

--:--
Die landdroshof in Sabie het 'n 46-jarige pastoor, wat daarvan aangekla word dat hy 'n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het, borgtog geweier. Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van 'n wond, toe hy haar na bewering aangeval het. Die beskuldigde se naam kan nie bekendgemaak word voor hy op die aanklagte gepleit het nie. Hy word ook aangekla vir die besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê die saak is uitgestel tot 6 Januarie.
8 Nov 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Man sit lewenslank weens moord

Die Kwaggafontein-streekhof het die 32-jarige Godfrey Boesman Mashiane lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en ’n bykomende 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede. Dit volg op 'n voorval in Januarie 2022 by Vlaklaagte waarheen hy die slagoffer, Aaron Sikhosana, onder die voorwendsel van 'n werksgeleentheid gelok het. Sikhosana is verskeie…
27 Nov 6AM 1 min

Koshuisopsigter geskors na hy GPF-lede nooi om kinders pak slae te gee

Die koshuissuperintendent by Shongwe Koshuis is met onmiddellike effek geskors terwyl die Mpumalanga Onderwysdepartement die beweerde aanranding van twee leerders deur lede van die plaaslike gemeenskapspolisiëringsforum ondersoek. Volgens 'n woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, het die superintendent van die lede gister genooi om die leerders pak slae te gee…
27 Nov 6AM 1 min

Omgekoopte amptenaar gearresteer weens korrupsie met ID

’n Amptenaar van die Departement van Binnelandse Sake is gister by haar werkplek in die teenwoordigheid van haar baas en kollegas in hegtenis geneem op aanklagte van korrupsie. Volgens die Valke is Violet Mabena in Oktober 2021 20-duisend-Rand betaal om 'n vrou te help om 'n identiteitsdokument vir haar stiefseun…
20 Nov 7AM 1 min

Twee kry lewenslank vir moord op taxi-baas

Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het…
20 Nov 7AM 1 min

Vrou voor gimnasium in Mbombela doodgeskiet

Die polisie het bevestig ‘n vrou is vanoggend doodgeskiet in die parkeerterrein voor Virgin Active Red in Riverside in Mbombela. Volgens ‘n polisiewoordvoerder, Brigadier Donald Mdhluli, was die 34-jarige vrou ‘n dokter by ‘n openbare hospitaal. Sy het na vermoede om ongeveer half 6 die gimnasium verlaat toe sy verskeie…
20 Nov 6AM 1 min