Wêreldwys | Texas vertel die verhaal van Amerika | Ep. 26

Loading player...
Ons kyk in nog 'n spesiale aflewering van Wêreldwys spesifiek na Texas en ontleed dié deelstaat se rol in die verkiesing, met spesifieke klem op onwettige immigrasie. Die grens tussen Texas en Mexiko word besoek, sowel as plattelandse dorpe wat al hoe armer word, die dorp Uvalde waar daar meer as twee jaar gelede ’n bloedige skietvoorval by ’n laerskool was, en natuurlik die hoofstad van Texas, Austin.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 01:53 Die afgelope verkiesing in Texas
  • 07:05 Op die grens tussen Meksiko en die VSA
  • 19:52 Van immigrasiekultuur na -krisis
  • 27:02 Siek en sat vir onwettige immigrasie
  • 33:04 Middel-Amerika in krisis
  • 38:05 Die lot van spookdorpe
  • 40:52 Ekonomiese en demografiese inploffing
  • 42:59 Die onopgeloste kwessie van massaskietvoorvalle
  • 46:46 Groete uit Texas
13 Nov 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Belangrike nuus uit Washington | Ep. 95

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans, vanuit die Amerikaanse hoofstad, onder meer Iran se verrassingsaanval op Jordanië en die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit alles terwyl verskeie wêreldleiers hierdie week in Washington oor verskeie drukkende globale vraagstukke beraadslaag het.
30 Jul 19 min

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min