‘Koelbloedig’ | Ma’s in die beskuldigdebank

Loading player...
In dié episode gesels Mariska Nanni met verslaggewers en kenners oor die Lauren Dickason en Madelein Ackerman-sake, die oorsake wat ouers moontlik kan dryf om hul kinders te vermoor, en die verdeeldheid onder lede van die publiek wanneer ’n ma in die beskuldigdebank staan.
14 Nov 2024 Afrikaans South Africa True Crime · Daily News

Other recent episodes

Koelbloedig | Waar is Joshlin?

Dit is week twee van die langverwagte Joshlin Smith-verhoor waarin haar ma, Kelly, dié se kêrel, Jacquin Appollis, en hul vriend, Steveno van Rhyn, op aanklagte van mensehandel en ontvoering teregstaan. Vir dié episode van ‘Koelbloedig’ gesels Mariska Nanni met Elisma van der Watt, verslaggewer by Maroela Media, oor wat…
13 Mar 20 min

Koelbloedig | Verlore geregtigheid: Die moordsaak van ds. Liezel de Jager

Vir dié episode van Koelbloedig kyk Mariska Nanni na die moordsaak van ds. Liezel de Jager en of geregtigheid nog moontlik is noudat die hoofverdagte dood is. Sy gesels met die teenmisdaadaktivis Ian Cameron, wat Liezel se familie destyds bygestaan het, die strafregkenner dr. Llewellyn Curlewis en Isabel Venter, verslaggewer…
6 Mar 18 min

Koelbloedig | Alison Botha: Verkrag, vermink, vir dood gelaat

In dié episode van Koelbloedig gesels Mariska Nanni met dr. Tiaan Eilerd oor die nag toe hy op ʼn bebloede Alison Botha afgekom het, die verhoor van Frans du Toit en Theuns Kruger, en die uitwerking wat hul kortstondige vrylating op parool op Botha se gesondheid gehad het.
27 Feb 16 min

Koelbloedig | Van beïnvloeder tot tronkvoël

Vir dié episode van Koelbloedig delf Mariska Nanni ʼn bietjie dieper in die kindermishandelingsaak wat nie net skokgolwe deur die VSA gestuur het nie, maar die ganse wêreld.
20 Feb 15 min