Woensdag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

--:--
MARKUS 6

35En toe dit reeds laat geword het, kom sy dissipels na Hom en sê: Die plek is verlate en dit is reeds laat.
36Stuur hulle weg, sodat hulle na die buitewyke en dorpe rondom kan gaan om brood vir hulleself te koop, want hulle het niks om te eet nie.
37Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Gee julle aan hulle iets om te eet. En hulle sê vir Hom: Moet ons gaan en vir tweehonderd pennings brood koop en aan hulle gee om te eet?
38En Hy sê vir hulle: Hoeveel brode het julle? Gaan kyk. En toe hulle dit te wete gekom het, sê hulle: Vyf, en twee visse.
39En Hy het hulle beveel om almal klompies-klompies op die groen gras te laat sit.
40En hulle het gaan sit in groepe van honderd en van vyftig.
41Hy neem toe die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en dank; en Hy breek die brode en gee dit aan sy dissipels om dit aan hulle voor te sit. Ook die twee visse het Hy onder almal verdeel.
42En almal het geëet en versadig geword;
43en hulle het van die brokstukke twaalf mandjies vol opgetel, en van die visse.
44En die wat van die brood geëet het, was omtrent vyfduisend manne.
20 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOSUA 1 Josua volg Moses op en beveel die volk om hulle klaar te maak om deur die Jordaan te trek. 1EN ná die dood van Moses, die kneg van die Here, het die Here met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê: 2 My…
26 Nov 1AM 18 min

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOSUA 1 Josua volg Moses op en beveel die volk om hulle klaar te maak om deur die Jordaan te trek. 1EN ná die dood van Moses, die kneg van die Here, het die Here met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
25 Nov 1AM 17 min

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

HEBREËRS 12 Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus. 1DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2die oog gevestig…
24 Nov 12PM 20 min

Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

JESAJA 43 1MAAR nou, so sê die Here, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne! 2 As jy deur die water gaan, is Ek by jou; en deur die…
24 Nov 2AM 19 min