Twee kry lewenslank vir moord op taxi-baas

Loading player...
Die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga het die lewenslange vonnisse verwelkom wat die Hooggeregshof in Middelburg aan twee mans vir moord met voorbedagte rade opgelê het. Andile Ndlangamandla en Thembinkosi Chonco is skuldig bevind aan die moord op die voorsitter van die Middelburg Taxi-vereniging, Masinya Mthimunye, in September 2018. Hulle het sy eiendom besoek onder die dekmantel van die aankoop van beeste toe hulle hom geskiet het. Die NVG-woordvoerder, Monica Nyuswa, sê vier mans is aanvanklik aangekla, maar die een is intussen oorlede en die ander het 'n staatsgetuie geword.
20 Nov 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min