Mevrou se jaar van oorvloed en klippe kou

Loading player...
Mevrou kyk terug na 2024 as die jaar wat die grootmens-lewe wenke die lewe sommer baie makliker gemaak het. Gerda de Sousa het uiteindelik geleer hoe om die sloop om die duvet te trek, terwyl Dianne Broodryk die krag gekry het om beheer te vat oor die nuwe geyser skedule. Hulle het gelag, gehuil, woede uitbarstings oorleef, stoom af geblaas en die lewe weer deur nuwe oë bekyk. In hierdie laaste episode van die huidige seisoen, kyk die twee terug na die jaar wat was.
9 Dec 2024 Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou se siekwees sages

Mevrou is nou siek en sat vir siekwees! Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die twee wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook plat getrek het. Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes…
20 Oct 19 min

Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster

Mevrou het haar voet neergesit en finaal besluit om die stryd teen die strykyster aan te pak – maar sy dink sy het verloor. Gerda de Sousa se oorlog het begin toe sy begin navorsing doen het oor hoe om die onderkant van haar stryk yster skoon te maak. Dianne…
13 Oct 21 min

Mevrou pluk plesier uit plastiek plante

Die lente is hier en Mevrou meen daar is geen meer verskoning vir ’n huis sonder groen plante nie, selfs as van dié plastiek is. Die Mevrouens bieg dat hulle nou kunsmatige plante in potte het regoor die huis. Ja, dit voel nie reg nie, maar wat moet mens doen…
6 Oct 24 min

Mevrou se wenke vir die wenners

Die seisoen vir toekennings aande en werks funksies het aangebreek en die Mevrouens voel hulle het nou genoeg praktiese wenke in hulle handsakke vir dié somtyds baie lang aangeleenthede. Watter skoene en hoe om te verseker jy is eerste in die ry vir die buffet is maar van die kosbare…
29 Sep 25 min

Mevrou sien rooi soos 'n ge-ignoreerde stop lig

Die Mevrouens is ontstoke omdat dit vir hulle voel of iemand die padreëls verander het, en hulle nooit ingelig het nie. Dis asof daai verkeers regulasies waaroor hulle dekades terug moes toets skryf om ’n lisensie te kon kry, net nie meer geld nie. Flikker ligte word nie meer gebruik…
23 Sep 22 min