Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30

Loading player...
Donald Trump se historiese oorwinning in vanjaar se verkiesing was terugskouend ʼn harde protesstem teen ʼn woke Amerikaanse politiek, ver verwyder van die mense op grondvlak. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Koos Malan om die vraag te probeer beantwoord – is dit vir Amerika moontlik om in die lig van hierdie protes ʼn herlewing van die Westerse beskawing in te lei?
Chapters
  • 00:00 Die eb en vloed van wokeness
  • 06:43 Die geeste van Marxisme
  • 10:53 Westerse herlewing vanuit Amerika
  • 12:07 Die beskawingsvraagstuk van migrasie
  • 19:35 ʼn Beskawingstreep getrek
  • 24:54 Ekstremistiese liberalisme
  • 29:39 Die beskawingstryd
  • 32:02 Hernude strewe na die Amerikaanse droom
  • 36:42 Politiek gewen, maar nog nie die kultuur
  • 40:51 Trump se aanslag teen die diepstaat
  • 45:55 JD Vance intellektualiseer Trump-isme
  • 51:33 ʼn Nuwe beweging
10 Dec 2024 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Die Trump-tsoenami bly die grootste nuus van 2025 | Ep. 74

In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar kyk Jaco Kleynhans na die politieke golf wat 2025 oorheers het: die Trump-administrasie en die wêreldwye gevolge daarvan. Wat in Washington gebeur het, het nie daar gebly nie, dit het internasionale beleid, ekonomiese strategieë en selfs die posisie van Afrikalande, insluitende…
12 Dec 2025 51 min

Wêreldwys | Radikale Islam broei in Europa | Ep. 73

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys praat Jaco Kleynhans met die Nederlandse joernalis Wierd Duk oor die groot politieke verskuiwings in Europa die afgelope jare, veral oor die broei van radikale Islam wat die vasteland al hoe meer beïnvloed.
29 Nov 2025 31 min