Man gesoek wat glo polisiebeampte beroof in Malalane

Loading player...
Die polisie en Korrektiewe Dienste in Mpumalanga soek na ‘n verdagte wat vroeg gisteroggend ‘n polisiebeampte in Malalane van sy dienspistool en ammunisie beroof het. Volgens die polisie is die vuurwapen intussen by sy huis teruggevind, maar die verdagte is voortvlugtig. Hy is tans uit op parool na hy tronkstraf uitgedien het vir moord en verkragting. Hulle glo ene Donald Sipho Khoza kan hulle help met inligting en vra die publiek om hulle by te staan in hul soektog.
16 Dec 2024 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 7AM 10 min

Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster.
17 Jul 3AM 1 min

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min

LDV rules

Wees op die uitkyk vir ons nuwe wiele, trots moontlik gemaak deur LDV. Neil Barker, die bemarkingsbestuurder, het kom inloer in die ateljee. Neels het voorheen die geleentheid gehad om met 'n LDV rond te rits vir 'n week. Hy vertel van die ervaring.
24 Jun 6AM 1 min