Twee met onwettige jaggewere verskyn vandag in Kabokweni-hof

Loading player...
Twee verdagtes wat verdink word van moontlike stropery is vroeg gisteroggend by huise in onderskeidelik Kabokweni en Pienaar gearresteer weens die besit van ongelisensieerde vuurwapens. Elk was in besit van vier jaggewere. Volgens die polisie in Mpumalanga sal ballistiese toetse bepaal of die wapens in die pleeg van misdade gebruik is en nog aanklagte kan teen hulle gevoeg word. Hulle verskyn vandag in die hof in Kabokweni.
17 Dec 2024 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Alba Vorster borrel oor van talent

Die jong sangeres, Alba Vorster, het gister in die ateljee kom kuier - en sommer gou 'n liedjie opgeneem by Lowveld Recording Studios. Luister hier na 'n gedeelte van haar kuier saam met die Middag Game Drive.
4 Apr 4AM 10 min

Stel geliefdes se woorde saam in boekvorm

Anné Pretorius het na haar ma se dood haar skryfwerk in 'n boek saamgestel. Sy gesels met Amanda oor hoe sy sedertien ook ander mense gehelp het om dit te doen.
1 Apr 10AM 13 min