Spreeklewe - Nederigheid

Loading player...
Spreuke 15:25- 33
Die Here breek die hoogmoedige se huis af
en beskerm die grond van die weduwee.
26Die Here het 'n afsku van bose planne;
aangename woorde is vir Hom aanneemlik.
27Wie hom verryk ten koste van 'n ander,
maak dat sy gesin verstoot word;
wie omkoopgeskenke weier, sal lewe.
28'n Regverdige mens dink voor hy antwoord;
goddelose mense sê net slegte dinge.
29Die Here is ver van die goddeloses af,
maar Hy hoor die gebed van die regverdiges.
30Stralende oë bring blydskap,
goeie tyding verkwik 'n mens.
31Wie op 'n teregwysing ag slaan, sal lewe
en 'n tuiste vind tussen mense wat wysheid het.
32Wie onderrig in die wind slaan, gee nie om vir homself nie;
wie op 'n teregwysing ag slaan, kry insig.
33Om die Here te dien, is om onderrig te word in wysheid;
nederigheid kom voor eer.
29 Jan Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

#KomOnsPraatDaaroor - 20 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
20 Aug 43 min

Spreeklewe - Plaas jou vetroue in God en nie in mense nie

Psalm 118:8 Om by die Here te skuil,is beter as om op mense te vertrou. Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” Joh 16:33 Jesus is ook verloen…
20 Aug 6 min

Spreeklewe - Waar is God as jy gebroke is

Psalm 34:19 sê: "Die Here is naby die gebrokenes van hart, en Hy verlos die verslaes van gees." Wat ’n kosbare belofte! God is nie bang vir ons seer of ons swakheid nie. Hy draai nie sy gesig weg wanneer ons hartseer is nie. In teendeel – dit is juis…
13 Aug 5 min

#KomOnsPraatDaaroor - 13 Augustus

Kom Ons Praat Daaroor se 3 aanbieders, Annelie Bouwer, Charonike Nel en Tanya de Vente-Bijker, het uiteenlopende persoonlikhede en opinies, soos hulle oor nuusgebeure, snaakshede, hartstories en stories wat jou warm onder die kraag maak, gesels.
13 Aug 43 min