
OPPAD MET GUILMA - Willie Lourens se Inspirasievolle Reis na Sukses
Loading player...
Ons gesels met Willie Lourens, die eienaar van WMJ Mobility. Na sy motorfietsongeluk waar hy 'n arm en been verloor het, het Willie baie uitdagings in die gesig gestaar. In plaas daarvan om hierdie teëspoed hom te laat oorweldig, het hy dit omskep in 'n geleentheid. Ontdek hoe Willie sy vasberadenheid en veerkragtigheid gebruik het om 'n besigheid te skep wat ander mense met mobiliteitsuitdagings help. Luister in vir 'n inspirerende gesprek oor deursettingsvermoë, innovasie en hoe om teëspoed in sukses om te draai.