Wêreldwys | Selfs oorlog het reëls | Ep. 34

Loading player...
Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied.

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Martie Bradley, spesialis in internasionale reg en internasionale humanitêre reg, oor die tientalle oorloë wat vandag reg oor die wêreld woed en hoe ons daaroor kan dink.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 01:15 Die dissipline van oorlogsreg
  • 07:14 Die oorlog in Mosambiek
  • 11:49 Klassifiseringsprobleem in die DRK
  • 20:11 Proksies in onopgeloste etniese spanning
  • 31:56 Rusland-Afrika-korps en vergete oorloë
  • 36:36 Humanitêre krisis in Soedan
  • 42:02 Die groot Midde-Oosterse konflik
  • 49:08 Kritiese humanitêre hulp
  • 55:03 ʼn Onstabiele wêreld in 2025
7 Feb Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Groot linkse oorwinnings in die VSA, nié in Nederland | Ep. 70

In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die jongste politieke verskuiwings in Nederland, die VSA, Afrika en Europa – en wat dit oor die wêreld se politieke klimaat verklap. In Nederland was daar, ten spyte van wat baie berig het, géén noemenswaardige skuif na links nie. In die…
7 Nov 35 min

Wêreldwys | Israel is reg om weer te begin leef | Ep. 69

In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid. Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie…
29 Oct 45 min