Lunch Punch: André Schwartz oor Gesigte

Loading player...
André Schwartz oor Gesigte.

Kan jy die eerste gesig onthou wat jy gewaar het; vasgevang in tyd, geheue en onveranderlik? Natuurlik nie. Soos met alle herinnerings is daar veranderlikes.

Verewig wisselend in die album van ons geheue; altyd nuutgeskep op die doek van ons verlange, soos lewende kuns. Elke gesig wat ons onthou, word die legkaart van ons lewens, die reuk, die musiek, die liefde.

In die multimediaproduk “GESIGTE” word die werk van internasionale bekroonde portretkunstenaar André Serfontein tot lewe geroep deur die digitale kunstenaar Seun. Elke lewensstorie van André Schwartz word verbeeld deur die unieke gesigte wat verskyn op die skerm. Klavier, kitaar en stem vertel liedere soos, ‘From Both Sides Now, First Time Ever I Saw Your Face, The Book of Love en The Rose . André se treffers en  eie komposisies soos die kwesbare en gewilde Ek Haal Asem maak ook ‘n buiging. 

Gesigte vertel in beeld en musiek die kwesbare herinneringe van die legio kosbare mense in André Schwartz se lewe. 
7 Feb 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min