
Wêreldwys | SA-weermag verdoem tot mislukking in die DRK | Ep. 36
Loading player...
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en ʼn skreiende tekort aan strategiese leiding.
Chapters
- 00:00 Inleiding
- 01:12 Hoe Suid-Afrika in die DRK beland het
- 05:21 Strategiese doelwitte onseker
- 15:07 Groot leemte vir militêr-strategiese kennis
- 19:48 Rwanda oorheers informasiedomein
- 23:08 Gepaardgaande diplomatieke krisis
- 26:41 Ou etniese konflik aan die kern
- 32:51 Volgende stap vir die SANDF
- 36:32 Slotgedagtes

