Wêreldwys | Europa staan koud teenoor vrede in Oekraïne | Ep. 39

Loading player...
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar baie EU-lidlande vandag nie meer oor enige vermoë beskik om hulself militêr te kan verdedig nie. Europa het ook grootliks sy vermoë om self wapens te vervaardig, verloor.
Chapters
  • 00:00 Inleiding
  • 00:42 Trump en Oekraïne
  • 04:10 ʼn Swak Europa
  • 07:56 Onvergenoegde kiesers, besluitlose leiers
  • 11:29 Ontwapening van Europa
  • 15:45 Trump nie anti-Europees nie
  • 17:47 Russiese bedreiging
  • 21:14 Koalisiepolitiek sukkel in Nederland
  • 25:14 Diepstaat ʼn Westerse probleem
  • 29:02 Vrees vir terreur in Europa
14 Mar Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Groot linkse oorwinnings in die VSA, nié in Nederland | Ep. 70

In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die jongste politieke verskuiwings in Nederland, die VSA, Afrika en Europa – en wat dit oor die wêreld se politieke klimaat verklap. In Nederland was daar, ten spyte van wat baie berig het, géén noemenswaardige skuif na links nie. In die…
7 Nov 35 min

Wêreldwys | Israel is reg om weer te begin leef | Ep. 69

In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid. Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie…
29 Oct 45 min