Dinsdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

Loading player...
ROMEINE 8

Die eerstelinge van die Gees.
18WANT ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
19Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.
20Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe — nie gewillig nie, maar ter wille van Hom wat dit onderwerp het —
21in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God.
22Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.
23En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam.
24Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?
25Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding.
25 Mar 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

II SAMUEL 9 Die edelmoedige gedrag van Dawid teenoor Mefibóset, die seun van Jónatan. 1EN Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan? 2En die huis van Saul het 'n dienaar gehad, met die…
10 Apr 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

SPREUKE 3 13Gelukkig die mens wat wysheid gevind het, en die mens wat verstand verkry; 14want die verkryging daarvan is beter as dié van silwer, en die verwerwing daarvan beter as van goud; 15dit is kosteliker as korale, en al jou kleinode kan daar nie mee vergelyk word nie. 16In…
9 Apr 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

HEBREËRS 12 Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus. 1DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2die oog gevestig…
8 Apr 2AM 15 min

Maandag Oggenddiens - Past Deon Bosch

HEBREËRS 12 Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus. 1DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2die oog gevestig…
7 Apr 2AM 14 min

Sondagaand Erediens - Past Pieter Calitz

I KORINTHIËRS 15 Die opstanding. 1BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, 2waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs…
6 Apr 1PM 21 min