(Goeie Vrydag) Vrydagoggend Erediens - Ds Graham Read

Loading player...
PSALMS 22
My God, waarom het U my verlaat?
1VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” 'n Psalm van Dawid.
2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
3My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.
4Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!
5Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.
6Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.
7Maar ek is 'n wurm en geen man nie, 'n smaad van die mense en verag deur die volk.
8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:
9Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!
10Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.
11Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.
12Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.
13Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.
14Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos 'n leeu wat verskeur en brul.
15Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.
16My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.
17Want honde het my omsingel; 'n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.
18Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!
19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.
20Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!
21Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.
22Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!
23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
24Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
25Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.
26Van U kom my lof in 'n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.
27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
29 Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies.
30Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.
31'n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.
32Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.
18 Apr 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Graham Read

JOHANNES 19 25 En by die kruis van Jesus het gestaan sy moeder en sy moeder se suster, Maria, die vrou van Klopas, en Maria Magdaléna. 26En toe Jesus sy moeder sien en die dissipel wat Hy liefgehad het, by haar staan, sê Hy vir sy moeder: Vrou, dáár is…
19 Apr 2AM 20 min

(Goeie Vrydag) Vrydagaand Erediens - Ds Graham Read

HEBREËRS 12 Volharding onder beproewinge volgens die voorbeeld van Christus. 1DAAROM dan, terwyl ons so 'n groot wolk van getuies rondom ons het, laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê, 2die oog gevestig…
18 Apr 1PM 28 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Graham Read

MATTHÉÜS 27 37En bokant sy hoof het hulle sy beskuldiging in skrif opgestel: DIT IS JESUS, DIE KONING VAN DIE JODE. 38Toe word daar saam met Hom twee rowers gekruisig, een aan die regter- en een aan die linkerkant. 39En die verbygangers het Hom gesmaad terwyl hulle hul hoofde skud…
17 Apr 2AM 17 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Graham Read

LUKAS 22 44En toe Hy in 'n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. 45Toe staan Hy van die gebed op en kom by sy dissipels en vind hulle aan die slaap van droefheid. 46En Hy…
16 Apr 2AM 16 min

Dinsdag Oggenddiens - Ds Graham Read

LUKAS 23 42En hy sê vir Jesus: Dink aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. 43En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sê vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees. 44En dit was omtrent die sesde uur, en daar het duisternis oor die hele…
15 Apr 2AM 15 min