KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - Hester Booysen se Roeping tot Diens en Genesing

Loading player...
In hierdie diep roerende episode van Koffidate met Phillipine Morkel gesels ons met Hester Booysen – pastoor, skrywer, gemeenskapswerker en stigter van Gentle Hearts Community Outreaches. Hester, oorspronklik van Lotus River in Kaapstad, deel haar pad van pyn, genesing, geloof en dienswerk ná die verlies van haar man in 2021, en haar voortdurende missie om hoop en ondersteuning te bring aan die behoeftiges.

Met die tema uit Efesiërs 3:20 – “Above All…”, gee Hester insig in haar kinderdae, haar passie vir diens aan die armes, haar werk met voeding, berading en bemagtiging, en die storie agter haar boek “BREAKFAST, LUNCH AND SUPPER.” Sy is ook die stem agter die lied “’n Vrou waardig vir prys.”
2 Apr Afrikaans South Africa Christianity

Other recent episodes

KOFFIEDATE MET PHILLIPINE - ’n Roep tot Bekering met Chané Mack & Heinrich Antonie

Hierdie week op #KOFFIDATE met Phillipine (Woensdag 23 Julie) staan onder die tema "’n Roep tot Bekering" (2 Kronieke 7:14). 🎤 Tussen 09:00–11:00 gesels Chané Mack, gospel-sangeres, skoonheidsterapeut en aktrise bekend vir haar rol as Lulu Harris in Arendsvlei, oor haar musiekreis, haar passie vir Evangelie-musiek en die storie agter…
23 Jul 1 hr 55 min