ELZA MEYER - Dissipelskap (Deel 20)

Loading player...
In hierdie week se FOKUS-episode duik Elza Meyer dieper in God se wil en hoe dissipels van Jesus geroep is om nie net Sy wil te ken nie, maar ook daarin te leef. Sy onderskei tussen twee Griekse woorde vir “God se wil”: boulē (God se onveranderlike, voorafbepaalde plan) en thelēma (God se begeerte en bedoeling vir ons daaglikse lewe). Met verwysing na Handelinge 2 verduidelik sy hoe God se verlossingsplan van ewigheid af vasgelê is en perfek vervul is in Christus. Elza wys ook hoe ons, as dissipels, in God se thelēma kan leef en so Sy seën en vrede in ons lewens ervaar. 'n Diep en betekenisvolle gesprek vir elkeen wat ernst maak met ware navolging van Christus.
15 May 2025 11PM English South Africa Christianity

Other recent episodes

JACQUES MALAN - Hou Dit Eenvoudig: Die Krag van Eenvoudige Gebed

In hierdie inspirerende episode van die Fathers Voice Podcast op Radio Kaapse Kansel 729 AM deel Jacques Malan ’n kragtige boodskap oor die eenvoud van gebed en geloof. Gebaseer op Matteus 6:7-8, Johannes 11 en Markus 11:23-24 ontdek ons waarom God nie ’n stortvloed woorde soek nie, maar ’n opregte…
24 Feb 10PM 9 min