Donderdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
EFÉSIËRS 3

Gebed van Paulus vir die Efésiërs.
14 OM hierdie rede buig ek my knieë voor die Vader van onse Here Jesus Christus,
15van wie elke geslag in die hemele en op die aarde sy naam ontvang,
16dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens,
17 sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is,
18en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is,
19en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.
20 En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk,
21aan Hom die heerlikheid in die gemeente in Christus Jesus deur alle geslagte tot in ewigheid! Amen.
15 May 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
22 Jun 2AM 10 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 14 Jesus se dood word beplan (Matt. 26:1-5; Luk. 22:1-2; Joh. 11:45-53) 1Twee dae later sou dit die paasfees en die fees van die ongesuurde brood wees. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes was op soek na 'n plan om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood…
21 Jun 1PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 6 Gideon 1Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. 2Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke…
21 Jun 3AM 30 min

Saterdagoggend - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 23 Die regverdige koning 1Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here. 2Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het…
20 Jun 2AM 14 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

EKSODUS 15 Die Here is oorwinnaar in die stryd 1Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger. 2Die Here is my…
19 Jun 2AM 10 min