Maandag Oggenddiens - Ds Nardus Bornman

Loading player...
JOHANNES 14

15 As julle My liefhet, bewaar my gebooie.
16En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle 'n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:
17die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.
18Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.
19Nog 'n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.
20 In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.
21Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
22 Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?
26 May 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MARKUS 8 Jesus genees 'n blinde man in Betsaida 22Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. 23Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe…
20 Aug 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JESAJA 26 3en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval…
19 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring…
18 Aug 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min