Wêreldwys | Ou geskiedenis agter nuwe Israel-Iran-konflik | Ep. 51

Loading player...
Luister gerus na hierdie week se episode van Wêreldwys vir Jaco Kleynhans se historiese ontleding van die jongste Midde-Oosterse konflik. Jy kan Iran se optrede vandag nie suksesvol ontleed sonder dié beskawingskonteks nie.

Die jongste konflik tussen Israel en Iran is nie net ʼn reaksie op onlangse gebeure nie, maar het diep wortels in geskiedenis, godsdiens en geopolitiek. Hoewel Israel onlangs ʼn aanval op Iran van stapel gestuur het, waarna Iran gereageer het, lê die dieper betekenis van hierdie botsing in Iran se eeueoue, dog konstant veranderende aard as beskawing.
Chapters
  • 00:00 Aanloop tot die krisis
  • 01:55 Iran se geskiedenis
  • 05:24 Monargie, rewolusie en teokrasie
  • 09:00 Vyandige, ongewilde heersers
  • 12:50 Oneerlike kernprogram
  • 17:28 Waarheen vorentoe?
  • 20:27 Risiko’s en geleenthede
18 Jun 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Die Trump-tsoenami bly die grootste nuus van 2025 | Ep. 74

In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar kyk Jaco Kleynhans na die politieke golf wat 2025 oorheers het: die Trump-administrasie en die wêreldwye gevolge daarvan. Wat in Washington gebeur het, het nie daar gebly nie, dit het internasionale beleid, ekonomiese strategieë en selfs die posisie van Afrikalande, insluitende…
12 Dec 2025 51 min

Wêreldwys | Radikale Islam broei in Europa | Ep. 73

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys praat Jaco Kleynhans met die Nederlandse joernalis Wierd Duk oor die groot politieke verskuiwings in Europa die afgelope jare, veral oor die broei van radikale Islam wat die vasteland al hoe meer beïnvloed.
29 Nov 2025 31 min