Deon Pieterse: God het my 'n tweede kans gegee!

Loading player...
Coach Freek gesels met Privaat Speurder Deon Pieterse

Deon en Freek het mekaar in 2003 ontmoet by ’n manne-ontbyt – ’n oggend wat Deon se lewe vir altyd sou verander. Destyds was Deon steeds in die SAPD, vasgevang in ’n donker spiraal van alkohol- en dwelmmisbruik. Sy lewe was op ’n afgrond, en hy was besig om homself stadig dood te drink.

As polisieman het hy ekstra werk as uitsmyter in nagklubs begin doen, wat hom al hoe dieper ingetrek het in kriminele bedrywighede. Maar toe... ontmoet hy die Lewende God. Daardie oggend by die ontbyt het Deon sy hart vir Jesus gegee – en ’n nuwe reis van genesing en herstel begin.

Hy het professioneel begin gholf speel, sy eie speurdermaatskappy gestig, en was aan die brand vir Jesus. Maar toe slaan die vyand terug… hard. Deon val terug, verloor sy huwelik, en word weer vasgevang in sy ou verslawing.

🎧 Luister na hierdie rou, eerlike en hoopvolle gesprek oor struikel, genade, en ’n God wat nooit moed opgee op Sy kinders nie.
22 Jun 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Hy het sy hele lewe na ’n vaderfiguur gesoek | Peter Warne

Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe…
11 Oct 1 hr 35 min