Vrydag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

Loading player...
ROMEINE 8

Oorwinningslied: God vír ons — wie sal teen ons wees?
31WAT sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
32Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?
33Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak.
34 Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.
35Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard?
36Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape.
37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het.
38Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge
39of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
27 Jun 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Woensdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

JOHANNES 15 Die ware wingerdstok 1“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. 2Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. 3Julle is alreeds reg gesnoei deur die…
18 Feb 1AM 11 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

DEUTERONOMIUM 26 Die eerste opbrengs van die oes 1“Wanneer jy in die land kom wat die Here jou God aan jou gee as jou eiendom en jy dit besit en jy daarin woon, 2moet jy van elke eerste oes wat jy insamel in die land wat die Here jou God…
17 Feb 1AM 12 min

Sondagaand Erediens - Ds Horace van Coller

1 SAMUEL 17 38Saul het sy eie uitrusting vir Dawid laat aantrek: hy het 'n bronshelm op sy kop gesit en hom 'n harnas laat aantrek, 39en Dawid het Saul se swaard bo-oor sy uitrusting vasgegord. Maar hy kon nie loop nie, want hy was dit nie gewoond nie. Dawid…
15 Feb 12PM 18 min

Sondagoggend Erediens - Ds Horace van Coller

PSALMS 131 Ek het rus gevind 1'n Pelgrimslied. Van Dawid. Selfverheffing en hoogmoed is daar nie by my nie, Here. Ek maak my nie besorg oor groot dinge nie, dinge wat bo my vermoë is. 2Ek het rus en kalmte gevind. Soos 'n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind…
15 Feb 2AM 20 min