KOPSKUIF - Albert van Wyk se passie om entrepreneurs en besigheidseienaars te motiveer om finansiële sukses te bereik.

Loading player...
Op die ouderdom van 22 kon jy hom reeds ’n miljoenêr noem. Nie net is hy is ’n entrepreneur nie, maar ook ’n eiendomsbelegger, selfgemaakte miljoenêr, gekwalifiseerde industriële ingenieur en topverkoper-skrywer. Skakel op Saterdag 28 Junie op Kopskuif in en kom luister hoe Albert van Wyk mense regoor die land in staat stel om hul rykdom op te bou. Hy gesels oor sy passie om entrepreneurs en besigheidseienaars te motiveer om finansiële sukses te bereik. Hy bemagtig ook die jeug van Suid-Afrika en het hierdie jaar alreeds 82 skole besoek en meer as 92 000 leerders toegespreek met sy “Maak My ’n Miljoenêr” televisieprogram.
28 Jun 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Lientjie Sothmann oor “Sterrenagkombers” – Eerste Wenner van die Andante Plus50 Musiekkompetisie

Lientjie Sothmann, die eerste algehele wenner van die Andante Plus50-musiekkompetisie, gesels in hierdie podcast oor haar oorspronklike komposisie “Sterrenagkombers”. Sy deel die inspirasie en storie agter die lied wat sy spesiaal vir die kompetisie geskryf het. ’n Innemende gesprek oor kreatiwiteit, Afrikaanse musiek en die krag van oorspronklike komposisies.
13 Dec 2025 41 min