Wêreldwys | Kry Trump sy sin by die groot berade? | Ep. 53

Loading player...
Vanjaar is ’n groot jaar vir internasionale berade, veral in die Westerse wêreld. Tussen die G7, Navo, Brics en G20 is daar vanjaar verskeie geleenthede vir wêreldleiers om te onderhandel, belyn en baklei. Tans lyk dit asof soveel van die internasionale politiek sentreer rondom Donald Trump se wil en weë. Luister na hierdie week se aflewering van Wêreldwys om die vraag te begin beantwoord of Trump besig is om sy sin te kry in hierdie tweede presidensiële termyn van hom?
Chapters
  • 00:00 Trump bemiddel tussen Israel en Iran
  • 06:17 Oorlog in Oekraïne duur voort
  • 07:50 Binnelandse beleid in die VSA
  • 12:04 1. ’n Flouerige G7 in Kanada
  • 16:00 2. Groot suksesse by Navo
  • 23:24 3. Opkomende Brics-beraad
  • 30:30 4. Onsekerheid oor G20
2 Jul Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Groot linkse oorwinnings in die VSA, nié in Nederland | Ep. 70

In hierdie week se Wêreldwys kyk Jaco Kleynhans na die jongste politieke verskuiwings in Nederland, die VSA, Afrika en Europa – en wat dit oor die wêreld se politieke klimaat verklap. In Nederland was daar, ten spyte van wat baie berig het, géén noemenswaardige skuif na links nie. In die…
7 Nov 35 min

Wêreldwys | Israel is reg om weer te begin leef | Ep. 69

In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid. Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie…
29 Oct 45 min