MARKPLEK AMBASSADEURS (CBMC) - Bybelse Leierskap 118

Loading player...
In hierdie episode van Markplek Ambassadeurs deel Harm Engelbrecht insigte uit Lukas 18 en 19 oor Bybelse leierskap en gesindhede rondom rykdom, gehoorsaamheid en ware toewyding aan Jesus. Deur die stories van die ryk jongman en Saggeus sien ons hoe die toestand van die hart bepalend is vir ware navolging van Christus. Terwyl die jongman bedroef weggegaan het, het Saggeus met blydskap herstel gebring – nie net in sy eie lewe nie, maar ook vir ander rondom hom. Harm wys hoe ware dissipelskap gereed is om op te gee, reg te maak en Jesus met alles te volg. 'n Bemoedigende boodskap oor bekering, restitusie en leierskap wat uit die hart begin.
28 Jun Afrikaans South Africa Business · Christianity

Other recent episodes

MARKPLEK AMBASSADEURS (CBMC) - Bybelse Leierskap - Myan Subrayan

In hierdie inspirerende episode van Markplek Ambassadeurs gesels Harm Engelbrecht met Mayan Subrayan — ’n Suid-Afrikaanse skrywer, motiveringspreker en Koninkryksambassadeur wat nou in Australië woon. Mayan deel sy merkwaardige getuienis van hoe verwerping tot rigting en geloof gelei het — van sy Hindoe-agtergrond tot sy wandel met Christus. Ontdek tydlose…
25 Oct 21 min