Jaco Pitzer - Die Volle Potgooi Episode

Loading player...
🎙 Baasraak saam Coach Freek – 'n Gesprek met Jaco Pitzer
In hierdie kragtige en eerlike episode gesels Coach Freek en die manne met Jaco Pitzer – seun van die legendariese BlouBul en Springbok-haker Gys Pitzer Snr., wat tussen 1967 en 1970 in 12 toetse vir die Bokke gespeel het. Jaco vertel van die kosbare nalatenskap wat sy pa vir hom en sy broers agtergelaat het toe hy in April 2025 oorlede is.
Maar dié gesprek gaan veel dieper as rugby. Jaco is 'n vurige evangelis met ’n passie om Moslems met die liefde en genade van Jesus Christus te bereik. Hy deel aangrypende getuienisse van wonderwerke wat hy as sendeling beleef het – van genesings tot geestelike deurbraak.
Die gesprek neem 'n eerlike wending wanneer die manne begin gesels oor intimiteit in die huwelik, en Jaco deel hoe hy en sy vrou vir vier jaar evangelisasiewerk by die Seks Expo in Midrand gedoen het.
Hierdie is ’n potgooi vir manne – wat vrouens ook móét hoor. Reguit, eerlik, inspirerend.
9 Jul 2025 Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Hy het sy hele lewe na ’n vaderfiguur gesoek | Peter Warne

Pastoor Peter Warne verloor sy pa op net 14-jarige ouderdom en spandeer daarna ’n groot deel van sy lewe op soek na ’n vaderfiguur — in kroeë, by die werk en selfs in die kerk. Hy vertel eerlik hoe vaderloosheid, seer, sukses en bediening sy lewe gevorm het, en hoe…
11 Oct 1 hr 35 min

Van Polisie Kolonel tot God se Generaal | Paul Smuts se Kragtige Getuienis

Vir meer as 30 jaar was Paul Smuts ’n polisieman — ’n geharde man wat uiteindelik die rang van Kolonel bereik het en ook by Koevoet betrokke was. Maar agter die sterk polisieman was daar een vrees wat hom nie wou los nie: *Waarheen gaan ek as ek sterf?* Daardie…
12 Sep 1 hr 25 min