Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JOHANNES 1
19En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
20En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie.
21Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee.
22Toe sê hulle vir hom: Wie is u? — dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself?
23Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.
24En die wat gestuur was, was uit die Fariseërs.
25En hulle vra hom en sê vir hom: Waarom doop u dan as u nie die Christus of Elía of die profeet is nie?
26Johannes antwoord hulle en sê: Ek doop met water, maar onder julle staan Hy vir wie julle nie ken nie —
27dit is Hy wat ná my kom, wat voor my geword het, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie.
28Dit het gebeur in Betábara, oorkant die Jordaan, waar Johannes besig was om te doop.

MARKUS 1
Johannes die Doper.
(Mt. 3:1-12 en ooreenk. pl.)
1DIE begin van die evangelie van Jesus Christus, die Seun van God.
2 Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak —
3 die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
4Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig.
5En die hele Joodse land en die inwoners van Jerusalem het uitgegaan na hom toe, en almal is deur hom gedoop in die Jordaanrivier met belydenis van hulle sondes.
6En Johannes was gekleed met kameelhare en 'n leergord om sy heupe, en hy het sprinkane en wilde heuning geëet.
7En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom ná my, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.
8Ek het julle wel met water gedoop, maar Hy sal julle doop met die Heilige Gees.
13 Jul 2025 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

MARKUS 14 Jesus se dood word beplan (Matt. 26:1-5; Luk. 22:1-2; Joh. 11:45-53) 1Twee dae later sou dit die paasfees en die fees van die ongesuurde brood wees. Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes was op soek na 'n plan om Jesus op 'n slinkse manier gevange te neem en dood…
21 Jun 1PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

RIGTERS 6 Gideon 1Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here, en Hy het hulle sewe jaar lank oorgegee in die mag van die Midianiete. 2Hulle het die Israeliete hard behandel, en daarom het hulle langs die bergstroompies, in grotte en in ander ontoeganklike plekke…
21 Jun 3AM 30 min

Saterdagoggend - Ds Zak Scholtz

JEREMIA 23 Die regverdige koning 1Ellende wag vir julle, herders deur wie die skape uit my kudde doodgemaak en verstrooi word, sê die Here. 2Daarom, so sê die Here die God van Israel oor die herders wat my volk moet versorg: Julle het my skape uitmekaargejaag en verstrooi, julle het…
20 Jun 2AM 14 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

EKSODUS 15 Die Here is oorwinnaar in die stryd 1Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger. 2Die Here is my…
19 Jun 2AM 10 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

GENESIS 16 Abram, Sarai en Hagar 1Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. 2Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê…
18 Jun 2AM 11 min