Wêreldwys | Ekonomiese nasionalisme stoot terug teen globalisme | Ep. 55

Loading player...
Die huidige handelstelsel is vir die VSA bloot onvolhoubaar, wat beteken daar moet ʼn verandering kom. Hierdie regstelling gaan ontwrigting teweeg bring, maar dit skep ook nuwe geleenthede. Luister na hierdie week se episode van Wêreldwys vir ʼn omvattende konteks, geskiedenis en ontleding van hoe ekonomiese nasionalisme terugdruk teen globalisme en wat dit vir ons in Suid-Afrika ook kan inhou.
Chapters
  • 00:00 Die internasionale handelsoorlog
  • 02:08 Trump se beweegredes
  • 14:26 Geskiedenis van ekonomiese proteksionisme
  • 18:23 Risiko’s vir absolute vrye mark
  • 22:09 Chinese misbruik van die stelsel
  • 35:52 Wat die toekoms inhou
15 Jul 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Belangrike nuus uit Washington | Ep. 95

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans, vanuit die Amerikaanse hoofstad, onder meer Iran se verrassingsaanval op Jordanië en die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit alles terwyl verskeie wêreldleiers hierdie week in Washington oor verskeie drukkende globale vraagstukke beraadslaag het.
30 Jul 19 min

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min