Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

Loading player...
I TIMÓTHEÜS 3

3geen drinker, geen vegter, geen vuilgewinsoeker nie, maar vriendelik; geen strydlustige, geen geldgierige nie;
4 een wat sy eie huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou.
5Maar as iemand nie weet om sy eie huis te regeer nie, hoe sal hy vir die gemeente van God sorg dra?
6Hy moet nie 'n nuweling wees nie, sodat hy nie verwaand word en in dieselfde oordeel as die duiwel val nie.
7Maar hy moet ook goeie getuienis hê van die buitestaanders, sodat hy nie in veragting en in die strik van die duiwel val nie.
8Net so moet die diakens waardig wees, nie uit twee monde spreek nie, nie verslaaf aan wyn nie, geen vuilgewinsoekers nie,
9 manne wat die verborgenheid van die geloof in 'n rein gewete hou.
10En hulle moet ook eers 'n proeftyd deurmaak; daarna, as hulle onberispelik is, kan hulle dien.
11Net so moet die vroue waardig wees, geen kwaadspreeksters nie, nugter, betroubaar in alles.
17 Jul 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MARKUS 8 Jesus genees 'n blinde man in Betsaida 22Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. 23Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe…
20 Aug 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JESAJA 26 3en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval…
19 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring…
18 Aug 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min