Donderdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

Loading player...
SPREUKE 4
1Kinders, neem die opvoeding wat 'n vader julle gee, ter harte;
slaan daarop ag, sodat julle kan leer wat insig is,
2want wat ek julle leer, is goed;
moenie die onderrig wat ek gee, versmaai nie.
3Ek was ook eenkeer 'n kind,
my moeder se oogappel, haar enigste.
4My vader het my toe ook geleer en vir my gesê:
“Wat ek jou sê, moet jy vashou,
my voorskrifte moet jy uitvoer, sodat jy werklik kan lewe.
5Sorg dat jy wysheid bekom, en insig!
Moenie my woorde vergeet en daarvan afwyk nie;
6maak die wysheid jou metgesel, dit sal jou beskerm;
as jy dit liefhet, sal dit jou veilig bewaar.
7Die wysheid kom eerste.
Sorg dat jy wysheid bekom,
gee alles wat jy het, om insig te kry!
8Slaan dit hoog aan, dan sal dit aan jou aansien gee.
Dit sal jou 'n man van betekenis maak as jy dit vasgryp.
9Dit sal jou lewe versier,
dit sal vir jou 'n sierlike kroon wees.”
7 Aug 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Past Neville Goodchild

1 KONINGS 6 7Vir die bou van die tempel is klaar gekapte klip uit die groewe gebruik. Daar was geen geraas van hamers, beitels of enige ander ystergereedskap by die tempel toe dit gebou is nie. 8Die ingang na die middelste verdieping was aan die suidekant van die tempel. 'n…
17 Aug 1PM 29 min

Sondagoggend Erediens - Past Neville Goodchild

TITUS 3 4Maar toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir die mens verskyn. 5Hy het ons verlos, nie op grond van iets wat ons vir ons vryspraak gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy gedoen deur die wedergeboorte wat…
17 Aug 3AM 32 min

Saterdag Oggenddiens - Past Neville Goodchild

JOHANNES 13 Jesus was die voete van sy dissipels 1Voor die viering van die paasfees het Jesus reeds geweet dat die tyd vir Hom gekom het om van hierdie wêreld af na die Vader oor te gaan. Hy het sy eie mense wat in die wêreld is, liefgehad, Hy het…
16 Aug 2AM 18 min