Spreeklewe - Waar is God as jy gebroke is

Loading player...
Psalm 34:19 sê:
"Die Here is naby die gebrokenes van hart, en Hy verlos die verslaes van gees."
Wat ’n kosbare belofte! God is nie bang vir ons seer of ons swakheid nie. Hy draai nie sy gesig weg wanneer ons hartseer is nie. In teendeel – dit is juis dan wanneer Hy naderkom, soos ’n Vader wat sy kind vashou. Die wêreld kan dalk oordeel, maar God sien ons trane en tel elkeen van hulle op.
Jesus sê in Matteus 11:28-30:
"Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Neem My juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart; en julle sal rus vind vir julle siele; want My juk is sag en My las is lig."
Jesaja 40:29-31:
"Hy gee die vermoeide krag en vermenigvuldig sterkte vir die wat geen krag het nie. Selfs die jongelinge word moeg en mat, en die jongmanne struikel selfs; maar die wat op die Here wag, kry nuwe krag. Hulle vaar op met vlerke soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie; hulle wandel en word nie mat nie."
13 Aug Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Tino

Tino kuier op Mirrag met Annelie en hy het sy kitaar saamgebring! Hy het ook 'n nuwe enkelsnit #OpenDop Luister hier na die onderhoud en sy lekker kuier
18 Sep 26 min

Oppinuus - Ruda Landman oor Bouwer van Niekerk se moord

“Die skokmoord op die Bouwer van Niekerk, ’n insolvensieprokureur, op 5 September 2025 in sy kantore in Saxonwold, Johannesburg het Suid-Afrika diep geruk. Hy was ’n man wat bekendgestaan het as ‘onkorrupteerbaar’. Die moord is wyd veroordeel – deur regsberoepe, organisasies soos SARIPA, en onder meer deur die minister van…
18 Sep 23 min