Wêreldwys | Trump se wortel-en-stok-benadering tot Poetin | Ep. 60

Loading player...
Die groot vraag is hoe lank Trump se geduld gaan hou. Hy is bekend vir sy wispelturigheid, maar vir nou lyk dit of hy bereid is om die tyd en ruimte te gee wat nodig is om ʼn skietstilstand en moontlike vredesooreenkoms te bereik. Wat duidelik bly, is dat nie net Rusland en Oekraïne nie, maar ook die hele Europa, dringend ʼn uitweg uit hierdie verwoestende oorlog nodig het. Luister hierdie week se aflewering van Wêreldwys vir hierdie historiese konteks asook ’n blik op die moontlike pad na vrede.
Chapters
  • 00:00 Trump en Poetin ontmoet op Amerikaanse grond
  • 04:17 Die historiese verhouding tussen Rusland en die VSA
  • 11:25 Stand van die oorlog
  • 14:09 Historiese aanloop van die konflik
  • 20:09 Grondgebied, Navo en veiligheidsvoorwaardes
21 Aug 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Belangrike nuus uit Washington | Ep. 95

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans, vanuit die Amerikaanse hoofstad, onder meer Iran se verrassingsaanval op Jordanië en die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit alles terwyl verskeie wêreldleiers hierdie week in Washington oor verskeie drukkende globale vraagstukke beraadslaag het.
30 Jul 19 min

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min