Donderdag Oggenddiens - Ds Johan Marais

Loading player...
PSALMS 139
U omsluit my van alle kante
1Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm.
Here, U sien dwarsdeur my,
U ken my.
2Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit,
U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.
3Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit,
U is met al my paaie goed bekend.
4Daar is nog nie 'n woord op my tong nie
of U, Here, weet wat dit gaan wees.
5U omsluit my van alle kante,
U neem my in besit.
6Dié wete oorweldig my,
dit is te hoog vir my begrip.
23Deurgrond my, o God, deurgrond my hart,
ondersoek my, sien tog my onrus raak.
24Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie
en lei my op die beproefde pad!
4 Sep 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Dr Belinda van der Vlies

JOHANNES 10 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape…
20 Oct 2AM 12 min

Sondagaand Erediens - Ds Bergh Muller

MATTEUS 7 Moenie oor ander oordeel nie (Luk. 6:37-38,41-42) 1“Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; 2met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. 3“Waarom sien jy die…
19 Oct 1PM 21 min

Sondagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

2 TIMOTEUS 3 14Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeesters was 1 2 TIMOTEUS 4 5Maar bly jy in alle omstandighede nugter, verdra lyding, doen jou werk as verkondiger van die evangelie, voer al die pligte van jou…
19 Oct 3AM 33 min

Saterdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
18 Oct 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

JOHANNES 13 . 34Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
17 Oct 2AM 19 min