Route326: Magda Louw en haar Erhard

Loading player...
Magda en Erhard het ’n goeie show beplan, julle, regtig, goeie waarde vir geld, hulle sal dalk selfs genomineer kan word vir ’n prys of so…

Maar die ou man vergeet heeltyd waar hy moet inkom en arme Magda moet net vure doodslaan. Selfs die dans is maar louwarm. (Klem op Louw) So eerlikwaar, die begin is effens flou, maar die middel is regtig… oukei-erig. En die einde sal jou met stof tot nadenke los. Hopelik.

Magda en Erhard gesels oor die kuns van die lewe, die verskillende fases van oudword – baie jare wat ons in prentjies kan opsom.
Hoe ons almal met die verfpot in die hand staan… vandat ons buite die lyne inkleur, totdat die kwas uiteindelik opdroog en ons nie meer kan dink aan prentjies om te teken nie. Maar ten minste kan ons die wat daar is nog bewonder…
10 Sep 2025 Afrikaans South Africa Music

Other recent episodes

Route326: Stef Bos oor 'Die Lewe Moet 'n Wals Wees'

Anelma loer in by Stef Bos. Met ‘n uitverkoopte vertoning (Stef Bos - Die Lewe Moet 'n Wals Wees) by die Fairtree Atterbury Teater, is daar geen bemarking nodig nie. Anelma gesels met hierdie ikoon van ‘n kunstenaar wat oor kontinente reis, taal en tyd spronge maak en elke liedjie…
27 Jan 26 min

Route326: Praating met Peach van Pletzen AKA Groothond

Peach van Pletzen van Praating, kry hierdie keer die Q’s en moet die A’s gee... Francois van Rensburg en Anelma van Heerden van #Route326 op GROOTfm 90.5, draai die kaarte om en gaan besoek hom in sy ateljee ‘Planet Awesome’ in Johannesburg. Groothond leer hulle hoe om te blaf en…
23 Jan 34 min