KOPSKUIF - Merlyn van der Rheede: Taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel

Loading player...
Op Saterdag 20 September gesels Merlyn van der Rheede, projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad, met spesifieke werksaamhede in die noorde van die land, op Kopskuif.

Skakel gerus in en kom hoor hoe Merlyn gesels oor taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel – dis jou identiteit. Daar word ook gesels oor die bevindinge van Merlyn se empiriese navorsing, die ruimtes wat geskep kan word om Afrikaans as ’n inklusiewe taal te vestig, en oor die Afrikaanse Taalraad se werksaamhede in die Noorde.
20 Sep 2025 Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

Sebastian van Niekerk oor ATKV Tienertoneel, Toneelspel en die Pad na Sukses

In hierdie episode van Kopskuif gesels Marsha Eksteen met die bekroonde jong akteur Sebastian van Niekerk oor sy inspirerende reis in die wêreld van toneel en televisie. Hy vertel hoe sy liefde vir toneelspel begin het, die invloed wat ATKV Tienertoneel op sy ontwikkeling gehad het en hoe deursettingsvermoë, dissipline…
4 Jul 10 min

Eksamentyd Sonder Stres: Praktiese Wenke vir Ouers en Leerders

Eksamentyd kan ’n uitdagende en stresvolle tyd vir beide kinders en ouers wees. In hierdie insiggewende podcast deel Sannette Grobbelaar praktiese raad oor hoe om leerders emosioneel en akademies te ondersteun tydens eksamens. Van effektiewe studiemetodes en tydsbeplanning tot die skep van ’n gebalanseerde roetine en positiewe leeromgewing – hierdie…
20 Jun 33 min