KOPSKUIF - Merlyn van der Rheede: Taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel

Loading player...
Op Saterdag 20 September gesels Merlyn van der Rheede, projekbestuurder van die Afrikaanse Taalraad, met spesifieke werksaamhede in die noorde van die land, op Kopskuif.

Skakel gerus in en kom hoor hoe Merlyn gesels oor taal wat meer is as bloot ’n kommunikasiemiddel – dis jou identiteit. Daar word ook gesels oor die bevindinge van Merlyn se empiriese navorsing, die ruimtes wat geskep kan word om Afrikaans as ’n inklusiewe taal te vestig, en oor die Afrikaanse Taalraad se werksaamhede in die Noorde.
20 Sep Afrikaans South Africa Education · Christianity

Other recent episodes

KOPSKUIF - Eksamentyd Wenke: Elizna Botha se Raad vir Leerlinge en Ouers om Stres te Verlig

Eksamentyd hoef nie oorweldigend te wees nie. In hierdie insiggewende episode deel Elizna Botha, skoolberader van Hoërskool Linden in Johannesburg, praktiese wenke om eksamenstres te hanteer en beter voor te berei. Sy bespreek strategieë vir studiemotivering, tydsbestuur, en hoe ouers hul kinders emosioneel kan ondersteun tydens hierdie uitdagende tyd. Luister…
8 Nov 23 min