Sondagoggend Erediens - Ds Kobus Botha

Loading player...
LUKAS 22
Jesus se dood word beplan
(Matt. 26:1-5,14-16; Mark. 14:1-2,10-11; Joh. 11:45-53)
1Die fees van die ongesuurde brood, wat pasga genoem word, was naby. 2Die priesterhoofde en die skrifgeleerdes wou Jesus uit die weg ruim, maar omdat hulle bang was vir die volk, het hulle nog gesoek na 'n manier om dit te doen.
3Die Satan het in Judas, wat Iskariot genoem is en een van die twaalf was, ingevaar. 4Hy het toe met die priesterhoofde en die offisiere van die tempelwag gaan praat oor hoe hy Jesus in hulle hande kan laat kom. 5Hulle was bly en het ooreengekom om hom daarvoor te betaal. 6Hy het ingestem en na 'n geskikte geleentheid gesoek om Jesus te verraai waar die volk nie by is nie.
28 Sep 3AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Saterdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

HEBREËRS 12 Die oog moet op Jesus gevestig wees 1Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2die oog gevestig…
18 Oct 2AM 17 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

JOHANNES 13 . 34Ek gee julle 'n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”
17 Oct 2AM 19 min

Donderdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

GENESIS 17 Die besnydenis as verbondsteken 1Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg! 2Ek sal my verbond met jou sluit en baie, baie mense uit jou laat voortkom.”…
16 Oct 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Ds Bergh Muller

MATTEUS 3 Die doop van Jesus (Mark. 1:9-11; Luk. 3:21-22; Joh. 1:31-34) 13In daardie tyd het Jesus van Galilea af na Johannes toe by die Jordaan gekom om deur hom gedoop te word. 14Maar Johannes het dit probeer verhinder deur te sê: “Ek moet eintlik deur U gedoop word, en…
15 Oct 2AM 12 min