Mevrou se wenke vir die wenners

Loading player...
Die seisoen vir toekennings aande en werks funksies het aangebreek en die Mevrouens voel hulle het nou genoeg praktiese wenke in hulle handsakke vir dié somtyds baie lang aangeleenthede. Watter skoene en hoe om te verseker jy is eerste in die ry vir die buffet is maar van die kosbare brokkies inligting wat hulle gratis uitdeel. Mevrou Mevrou is net laas week bekroon met ’n brons toekenning by die Wesbank New Generations toekennings en dis daar waar Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voel hulle die nodige laast bietjie ondervinding opgedoen het vir als wat jy moet weet om ’n toekennings funksie soos ’n wenner te oorleef.
*In die foto saam met die Mevrouens, is die vervaardiger van hierdie bekroonde potgooi, die ere Meneer Ethan Baird – en natuurlik, hulle toekenning!*
29 Sep Afrikaans South Africa Comedy · Personal Journals

Other recent episodes

Mevrou se gesukkel om die mediese forms in te vul

Mevrou moet hospitaal toe gaan vir ‘n mediese prosedure, maar wat vir haar erger is as wat hulle aan haar gaan doen, is die stapel mediese forms wat sy voor die tyd moet invul. Asof dit nie genoeg is dat sy elke maand die derduisende moet opdok vir ’n mediese…
3 Nov 26 min

Mevrou val in nostalgie vas, saam met die Jakarandas se pers tapyt

Mevrou is in ’n onverwagse nostalgie vas gevang, aangebring deur die pers blommetjies van die Jakaranda bome in Pretoria. Skielik onthou Dianne Broodryk weer haar grootword jare in die Moot gebied, toe sy met haar fiets oor die Jakaranda blommetjies gery het. Vir Gerda de Sousa bring die asembrowende pers…
27 Oct 26 min

Mevrou se siekwees sages

Mevrou is nou siek en sat vir siekwees! Die winter is verby, die somer is in volle swang, en die twee wonder waar die skielike siektes vandaan kom wat hulle ook plat getrek het. Dit was so erg dat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk altwee in die bed moes…
20 Oct 19 min

Mevrou verklaar oorlog teen die strykyster

Mevrou het haar voet neergesit en finaal besluit om die stryd teen die strykyster aan te pak – maar sy dink sy het verloor. Gerda de Sousa se oorlog het begin toe sy begin navorsing doen het oor hoe om die onderkant van haar stryk yster skoon te maak. Dianne…
13 Oct 21 min