S01E11 Anansi Bring Wysheid Na Wêreld

Loading player...
Wat gebeur as jy glad nie so slim is as wat jy dink nie?
Anansi, die spinnekop, is ‘n figuur uit die mitologie en tradisies van Wes-Afrika en die Karibiese eilande, maar in vandag se storie ontmoet hom ons as ‘n ambisieuse en buitengewone spinnekop, met nog meer buitengewone planne.
Sien, alhoewel hy bekend is vir sy gekskeerdery en poetse, het hy ook sy skerp manier van dink en sy vermoë om slim planne te beraam gebruik om te kry wat hy wou hê. En in hierdie geval is dit nie sommer ietsie kleins nie. O, nee.
Hoe gemaak as ‘n klein spinnekoppie ‘n enorme plan kry en vir al die wysheid in die wêreld wil bymekaarmaak? Elke laaste liewe bietjie daarvan. Net vir homself.
Waar gaan hy oral moet soek? Om nie eers te praat van wat hy daarmee gaan doen as jy dit eers in die hande het nie.
En dit is maar net die begin van ‘n stryd waarin Anansi met baie moeiliker uitdagings en baie eenvoudiger oplossings gekonfronteer word.
Om slim te wees is een ding...
Al wat dit somtyds neem is ‘n onbetrokke buitestaander om selfs die slimste van slimmes reg te help, en die lewe bietjie makliker vir almal te maak.
En dit is presies wat met Anansi gebeur.
4 Oct Afrikaans South Africa Kids & Family · Fiction

Other recent episodes

S01E17 Inchy Bo

Inchy Bo is klein van statuur. Regtig báie klein. Maar dit beteken nie hy het nie drome om ‘n groot en magtige samoerai te word nie. As hy net kan kon kry om homself te bewys…
14 Nov 13 min

S01E16 Die Sfinks

Die wrede sfinks het niks of niemand laat verby kom nie. Almal wat wou, moes eers ‘n raaisel beantwoord, en niemand kon nie. Totdat Oedipus op ‘n dag daar aankom…
7 Nov 10 min

S01E15 Die Toe Oë Afspraak

Medusa is moeg vir alleen wees, maar gaan sy ooit ware liefde kan vind? Met die hulp van haar kristalbal is daar dalk net ‘n kans!
1 Nov 12 min

S01E14 Muishert en Tier

Muishert is dalk ‘n klein diertjie, maar dit beteken nie hy kan nie groot planne maak nie. Veral nie wanneer die slinkse tier die dag op sy spoor is nie.
24 Oct 11 min

S01E13 Die Swaard in die Klip

Vir so lank as wat almal kon onthou steek ‘n pragtige, blink swaard in die klip. Niemand kon dit ooit verwyder nie. Tot op ‘n dag…
19 Oct 13 min