
Wêreldwys | Gaan Nederland soos wat ons dit geken het bly voortbestaan? | Ep. 68
Loading player...
Minder as twee jaar ná die vorige algemene verkiesing in Nederland, kry dié land se byna veertien miljoen stemgeregtigde kiesers 29 Oktober weer die geleentheid om die 150 lede van die Nederlandse laerhuis te verkies. ʼn Groot meerderheid Nederlanders is tans egter diep ongelukkig oor die rigting waarin die land beweeg. Faktore soos massa-immigrasie, ʼn ernstige behuisingstekort, stygende lewenskoste en ʼn algemene onsekerheid oor die toekoms van Nederland en Europa dryf die ontevredenheid onder die kiesers aan.

