Wêreldwys | Israel is reg om weer te begin leef | Ep. 69

Loading player...
In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid.
Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie met die terugkeer van die laaste gyselaars en soldate. Tog bly die letsel van 7 Oktober 2023 terselfdertyd diep én vlak in die land se psige gegraveer.
Chapters
  • 00:00 Vanuit Pretoria en Jerusalem
  • 01:05 Twee jaar lank se wag
  • 04:28 7 Oktober 2023 vergete
  • 10:51 Dubbele standaarde en verantwoordbaarheid
  • 21:17 ’n Tweestaatoplossing in praktyk
  • 32:47 Die media en vergete stories
  • 35:05 ’n Nuwe, nuwe normaal
  • 39:00 Skeefgetrekte dodetal
  • 43:07 Boodskap vir die toekoms
29 Oct 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Belangrike nuus uit Washington | Ep. 95

In hierdie week se episode van Wêreldwys bespreek Jaco Kleynhans, vanuit die Amerikaanse hoofstad, onder meer Iran se verrassingsaanval op Jordanië en die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit alles terwyl verskeie wêreldleiers hierdie week in Washington oor verskeie drukkende globale vraagstukke beraadslaag het.
30 Jul 19 min

Wêreldwys | Die wêreld staan nie stil nie | Ep. 94 | Maroela Media

Ná ’n lang produksiebreek is Wêreldwys vandeesweek weer terug met hierdie jongste episode. Die wêreld staan geensins stil nie. Verskeie van die groot voortslepende konflikte in die wêreld het die afgelope weke deur verskeie ontwikkelingsfases gegaan, maar nie noodwendig nader aan ’n finale fase van vrede beweeg nie.
24 Jul 24 min