Wêreldwys | Israel is reg om weer te begin leef | Ep. 69

Loading player...
In hierdie week se Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Ilse Strauss vanuit Jerusalem oor die emosionele herstel en spanning in Israel die afgelope weke ná twee jaar se trauma en onsekerheid.
Ná maande van vrees en verlies is daar weer ʼn gevoel van lewe en hoop – ʼn gedeelde euforie met die terugkeer van die laaste gyselaars en soldate. Tog bly die letsel van 7 Oktober 2023 terselfdertyd diep én vlak in die land se psige gegraveer.
Chapters
  • 00:00 Vanuit Pretoria en Jerusalem
  • 01:05 Twee jaar lank se wag
  • 04:28 7 Oktober 2023 vergete
  • 10:51 Dubbele standaarde en verantwoordbaarheid
  • 21:17 ’n Tweestaatoplossing in praktyk
  • 32:47 Die media en vergete stories
  • 35:05 ’n Nuwe, nuwe normaal
  • 39:00 Skeefgetrekte dodetal
  • 43:07 Boodskap vir die toekoms
29 Oct 2025 Afrikaans South Africa News Commentary · Politics

Other recent episodes

Wêreldwys | Die Trump-tsoenami bly die grootste nuus van 2025 | Ep. 74

In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar kyk Jaco Kleynhans na die politieke golf wat 2025 oorheers het: die Trump-administrasie en die wêreldwye gevolge daarvan. Wat in Washington gebeur het, het nie daar gebly nie, dit het internasionale beleid, ekonomiese strategieë en selfs die posisie van Afrikalande, insluitende…
12 Dec 2025 51 min

Wêreldwys | Radikale Islam broei in Europa | Ep. 73

In hierdie week se aflewering van Wêreldwys praat Jaco Kleynhans met die Nederlandse joernalis Wierd Duk oor die groot politieke verskuiwings in Europa die afgelope jare, veral oor die broei van radikale Islam wat die vasteland al hoe meer beïnvloed.
29 Nov 2025 31 min