Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JESAJA 6
Jesaja word geroep om profeet te wees
1In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. 2By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen het ses vlerke gehad: met twee het hy sy gesig bedek, met twee sy voete en met twee het hy gevlieg.
3Die serafs het mekaar telkens toegeroep:
“Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige!
Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
4Hulle het so hard geroep dat die deure in hulle kosyne gerammel het en die tempel vol rook geword het.
5Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.”
6Een van die serafs het toe 'n gloeiende kool met 'n tang van die altaar af gevat en na my toe gevlieg. 7Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”
8Toe het ek die Here hoor vra:
“Wie kan Ek stuur?
Wie sal ons boodskapper wees?”
Ek het geantwoord:
“Hier is ek! Stuur my!”
4 Nov 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 17 14Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die…
6 Nov 1AM 10 min

Woensdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

MARKUS 4 Jesus maak die storm stil (Matt. 8:23-27; Luk. 8:22-25) 35Laat daardie middag sê Jesus vir sy dissipels: “Kom ons vaar oorkant toe.” 36Hulle het toe die mense wat daar was, daar laat bly en Hom saamgeneem in die skuit waarin Hy gesit het. Daar was ook nog ander…
5 Nov 1AM 9 min

Maandag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JESAJA 6 Jesaja word geroep om profeet te wees 1In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul. 2By Hom was daar serafs om Hom te dien. Elkeen…
3 Nov 1AM 10 min

Sondagaand Erediens - Past Buks van Staden

LUKAS 4 18“Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur, 19om die genadejaar van…
2 Nov 12PM 17 min