Sondagoggend Erediens - Dr Enrico Casaleggio

Loading player...
JESAJA 57
Julle is 'n broeisel leuenaars
1Die regverdige kom om,
en daar is niemand
wat dit ter harte neem nie;
dié wat aan die verbond getrou is,
sterf sonder dat iemand begryp
dat dit deur die boosheid in die wêreld is
dat die regverdiges sterf.
2Dié wat die reguit pad loop,
kom waar daar vrede is,
hulle rus in die graf.
3Maar kom julle nader hierheen,
kinders van 'n towerheks,
julle wat gebore is uit owerspel en hoerery!
4Met wie wil julle spot?
Teen wie wil julle grootpraat,
vir wie wil julle tong uitsteek?
Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie,
'n broeisel leuenaars!
5Julle dien die afgode
met julle wellus onder die groot bome,
onder elke groen boom.
Julle offer julle kinders in die laagtes
en onder die oorhangende rotse.
6Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte,
daar soek julle julle deel.
Vir hulle bring julle drankoffers
en offer julle graanoffers.
Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?
7Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheid
en daarheen opgeklim om offers te bring.
8Agter jou deure en aan jou kosyne
het jy beeldjies opgehang.
In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek,
op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak.
Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het.
Jy het hulle naaktheid geniet.
9Jy het na Molek toe gegaan met olie
en met baie wierook;
jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur,
selfs tot by die doderyk!
10Jou soekery het jou moeg gemaak;
tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie.
Jou wellus het jou aanhou oorweldig,
daarom het jy nie opgehou nie.
11Vir wie was jy so bang en bevrees
dat jy vals geword het?
Jy dink nie meer aan My nie,
jy steur jou nie meer aan My nie.
Ek het lank geswyg
toe jy My nie meer gedien het nie,
12maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel,
alles wat jy gedoen het,
en jou gode sal jou nie kan help nie.
13As jy om hulp roep,
moet jou spul gode jou kom red,
maar 'n wind waai hulle almal weg,
'n yl luggie vat hulle weg.
Maar wie by My skuil, sal die land besit
en my heilige berg as eiendom ontvang.
Ek sal hulle genees
14Die Here het gesê:
Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed!
Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk.
15So sê Hy wat hoog en verhewe is,
Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is:
Ek woon in 'n hoë en heilige plek
en Ek is by hom wat verdruk en nederig is.
Ek gee nuwe krag aan die nederiges,
Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.
9 Nov 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

JEREMIA 17 9Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? 10Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand, Ek laat die mens kry wat hy verdien, wat hom toekom vir wat hy doen. 11'n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê…
10 Nov 1AM 11 min

Vrydag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JEREMIA 7 'n Vals vertroue op die tempel 1Dit is die woord wat van die Here tot Jeremia gekom het: 2Gaan staan in die poort van die huis van die Here en roep daar hierdie woorde uit: Al julle Judeërs wat by hierdie poorte ingaan om die Here te dien,…
7 Nov 1AM 10 min

Sondagaand Erediens - Dr Enrico Casaleggio

HOSEA 12 Israel moet die Here liefhê 1Efraim bedrieg My, Israel is vals teenoor My, Juda is nog altyd wispelturig in sy diens aan My, maar hy is getrou aan die afgode. 2Efraim hou hom op met wind, hy is aldag agter die oostewind aan. Hy hou aan met lieg…
9 Nov 12PM 22 min

Saterdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 1 Die getuienis van Johannes die Doper (Matt. 3:1-12; Mark. 1:2-8; Luk. 3:15-17) 19Die Jode het priesters en Leviete van Jerusalem af na Johannes toe gestuur om hom te vra: “Wie is jy?” Toe het hy hierdie getuienis afgelê 20en dit duidelik en ondubbelsinnig gestel en openlik verklaar: “Ek…
8 Nov 1AM 18 min

Donderdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

JOHANNES 17 14Ek het u woord aan hulle gegee, en die wêreld haat hulle, omdat hulle nie tot die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. 15Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die…
6 Nov 1AM 10 min