
CHRISTELIKE PERSPEKTIEF: Dr Arno van Niekerk - Internasionale Nuus , G20 en Suid-Afrika se ekonomiese rol
Loading player...
In hierdie week se “Christelike Perspektief op die Nuus” op Radio Kaapse Kansel, bespreek Professor Arno van Niekerk saam met Brad Kirsten die jongste internasionale verwikkelinge, van Donald Trump se ontmoeting met Sirië se nuwe president tot die oorlog in Gaza en Iran se droogtekrisis. Hulle fokus ook op Suid-Afrika se rol in die G20-beraad, ekonomiese ongelykheid, en die noodsaaklikheid om nuwe handelsgeleenthede te skep. Vanuit ’n Bybelse perspektief herinner Van Niekerk luisteraars daaraan om lig en sout in die wêreld te wees te midde van wêreldwye spanning en verandering.

