Vrydag Oggenddiens - Ds Horace van Coller

Loading player...
PSALMS 91
Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
1Hy wat by die Allerhoogste skuiling vind
en die beskerming van die Almagtige geniet,
2hy sê vir die Here:
“U is my toevlug en my veilige vesting,
my God op wie ek vertrou.”
3Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip hou
en jou bewaar van dodelike siekte.
4Hy beskut jou onder sy vleuels
en is vir jou 'n veilige skuilplek.
Sy trou beskerm jou aan alle kante.
5Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nag
of vir aanvalle oordag,
6vir pes wat in die donker toeslaan
of vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.
7Al val daar duisende langs jou,
tienduisende by jou,
vir jou sal niks tref nie.
8Met jou eie oë sal jy sien
hoe die goddelose gestraf word.
9Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,
die Allerhoogste as jou beskermer,
10sal geen onheil jou tref
en geen plaag naby jou woonplek kom nie.
11Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm waar jy ook al gaan.
12Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.
13Jy sal oor leeus en adders loop,
leeus en slange sal jy doodtrap.
14“Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,”
sê die Here,
“omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm.
15Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor;
in sy nood sal Ek by hom wees,
Ek sal hom red en hom in sy eer herstel.
16'n Baie lang lewe sal Ek hom gee
en oor my hulp sal hy hom verbly.”
2 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Donderdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

MARKUS 8 Jesus genees 'n blinde man in Betsaida 22Hulle het in Betsaida aangekom, en toe bring die mense 'n blinde man na Jesus toe en vra Hom om hom aan te raak. 23Hy het die blinde man aan die hand gevat en hom uit die dorp uit gelei. Toe…
20 Aug 2AM 11 min

Woensdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

JESAJA 26 3en wat op Hom vertrou. Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel. SPREUKE 3 3Moenie dat liefde en trou by jou ontbreek nie; leef daarmee saam, maak dit 'n deel van jou lewe. 4So sal jy guns verwerf en byval…
19 Aug 2AM 10 min

Dinsdag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 KONINGS 19 Elia vlug vir Isebel 1Agab het vir Isebel vertel wat Elia alles gedoen het, ook dat hy al die profete om die lewe gebring het. 2Toe het Isebel 'n boodskapper na Elia toe gestuur om vir hom te sê: “Mag die gode my om die lewe bring…
18 Aug 2AM 11 min

Maandag Oggenddiens - Past Riaan de Bruyn

1 TESSALONISENSE 5 23Mag God, wat vrede gee, julle volkome aan Hom toegewyd maak en julle geheel en al, na gees, siel en liggaam, so bewaar dat julle onberispelik sal wees wanneer ons Here Jesus Christus weer kom! 2 KORINTIËRS 4 'n Skat in kleipotte 7Ons wat hierdie skat in…
17 Aug 2AM 11 min

Sondagaand Eredienste - Ds Zak Scholtz

JOHANNES 20 Die leë graf (Matt. 28:1-8; Mark. 16:1-8; Luk. 24:1-12) 1Die Sondagmôre vroeg, toe dit nog donker was, kom Maria Magdalena by die graf en sien dat die klip van die graf af weggerol is. 2Sy hardloop toe en gaan na Simon Petrus en na die ander dissipel toe…
16 Aug 1PM 21 min